Die Utrechtse Doopbelofte

In die 8ste eeu was die doopbelofte gebruiklik onder Germane wat hulle tot die Christendom bekeer het. In die praktyk was dit dikwels ’n gedwonge belofte. Onder bewind van Karel die Grote (Karel kom van kerel of kêrel) is die doodstraf opgelê aan mense wat hulle nie wou bekeer nie. Talle mense het die gelofte bloot mondelings afgelê en daarna steeds voortgegaan met die verering van hulle ou Gode. Dit is gedoen om ’n botsing met die gereg te voorkom. Op langtermyn is nagenoeg die hele bevolking gekersten.


Hieronder is die ‘Utrechtse deupbelofte’ in Nedersaksies:

P=Priester; B=Bekeerling naor et kristelike geleuf

P.: Zweer ie de duvels of?
B.: Ik zweer de duvels of.

P.: Zweer ie alle duvelsdiensten of?
B.: Ik zweer alle duvelsdiensten of.

P.: Zweer ie alle wark van de duvel of?
B.: Ik zweer alle wark en woorden van de duvel of. Ik zweer Donar en Wodan en Saxnoth en al heur kwaodwillige mitgezellen of.

P.: Geleuf ie in God, de almachtige vader?
B.: Ik geleuf in God, de almachtige vader.

P.: Geleuf ie in Christus, God zien zeune?
B.: Ik geleuf in Christus, God zien zeune.

P.: Geleuf ie in de Heilige Geest?
B.: Ik geleuf in de Heilige Geest.