Feite en Fiksie
1) Volgens die Bybel het God op die eerste skeppingsdag, lig en donker geskape. Hierna was dit aand en weer more die tweede dag. Dit is wel vreemd, want die son word eers op die vierde dag geskape. Die son veroorsaak tog dag en nag.
Feit: Baie ou volke het geglo dat die son en daglig los van mekaar staan. Die son was as ’n God beskou wat moes heers oor die dag. Met hierdie kennis het die outeur(s) van Genesis die skeppingsverhaal geskryf. Inderdaad staan daar dan ook verder in die Bybel (Gen 1:16) dat die son op die vierde dag geskape is en hy moes heers oor die dag, wat toe al geskape was. Die plante was op die derde dag geskape, en sou hulle nog nie van die sonlig kon geniet nie.
2) Volgens die Bybel word daar op die tweede skeppingsdag skeiding gemaak tussen waters bo in die hemel en waters onder op die aarde: die uitspansel.
Feit: Talle ou volkere het geglo dat die blou lug in die hemel, ook water was. Met hierdie kennis het die outeur(s) van Genesis die skeppingsverhaal geskryf. God skep in werklikheid op die tweede dag niks.
3) Dan skep God die mens. Hy skep net een mens. Dan besef God dat hierdie mens alleen was, en dat daar nog ’n mens moes by kom. Die eerste mens skep God uit stof.
Feit: God sou toe hy met die eerste mens besig was, al moes geweet het, dat net een mens eensaam en alleen sou wees. Hy is immers almagtig en alwetend. Daarbenewens het Hy hierdie resep nie gevolg by die skepping van die diere nie (deur net een te skep, en dan te ‘besef’ dat die dier alleen sou wees). Die stof waaruit die eerste mens geskape sou word, is ook vreemd. Die genetiese samestelling van die mens kom vir 98% ooreen met die van die groot ape. In die aanvanklike beplanning van die skepping, sou daar net een mens wees. Hierdie mens sou nie oor voortplantingsorgane beskik het nie, want dit sou nie nodig gewees het nie. Adam was dus (aanvanklik) 'n geslagslose mens.
4) Dan kom daar ’n slang met Eva praat en hy doen dit oortuigend goed.
Feit: ’n Slang kan nie praat nie. Om dit te kan doen moet hy genoeg breinselle hê om komplekse taalgebruik, soortgelyk aan die van die mens, te kan beheers. Dit het ’n slang nie. Verder is dit nie moontlik dat twee spesies wat geneties so ver van mekaar verskil, ooit met mekaar sal kan kommunikeer via taal nie (’n Chinees en ’n Japanees verstaan mekaar nie eens nie, maar ’n slang en ’n mens wel???). Voorts het die slang nie die juiste mondholte en tong wat nodig is vir die artikulasie van woorde nie.
5) Dan kom alle diere en voëls van die hemel voor Adam verskyn dat hy hulle name kan gee (Gen 2:19).
Feit: As enige mens skielik baie diere moet sien wat hy nog nooit gesien het nie en hulle moet benoem, sal hy in die eerste plek nie goed weet welke name hy moet toeken nie en in die tweede plek sal hy die volgende dag byna alle name weer vergeet het. Buitendien sal hierdie groot aantal diere nie in ’n ry kom staan om hulle te laat benoem nie. Op hierdie stadium was Eva nog nie op die toneel nie en is dit te betwyfel of Adam 'n taal beheers het, in die afwesigheid van nog 'n menslike wese.
6) Dan sondig Adam en Eva en hulle word uit die Paradys verdryf. Daar word gerubs aangestel om die oostekant van die Paradys te bewaak met vlammende swaarde (Gen 3:4).
Feit: Dit sou interessant wees om die Paradys vandag te besoek om die gerubs te sien. Maar hulle is nêrens te vinde nie. Waarom moes alleen die oostekant van die Paradys bewaak word? En die swaarde? Die swaard moes toe nog uitgevind word!
7) Dan kom daar ’n sondvloed. Noag gaan ’n ark bou om die landdiere te red (waterdiere hoef nie gestraf te word nie). Dan kom die groot reën en die waterpeil styg oor die hele wêreld om alle bergpieke te bedek.
Feit: Dit is onmoontik om ’n skip te bou wat groot genoeg sal wees om van elke diersoort één paar te kan akkommodeer. Verder is daar x-aantal liter water op die planeet. Al reën dit elke dag vreeslik baie, sal die seevlak nie styg nie en sal die bergpieke nie (met water) bedek word nie en sal ’n skip op droë grond, nie dryf nie. Om die seevlak te laat styg, sal water van buite die planeet af aangevoer moet word.
8) Dan word daar ’n toring van Babel gebou. Hierdie toring moes tot aan die hemel reik. Daar sou ’n taalverwarring ontstaan met die bedoeling dat die mensdom oor die aarde moes versprei.
Feit: Volgens ’n hele aantal ondersoekers was daar in werklikheid ’n aantal torings gebou en nie net een nie. Van die reste staan vandag nog in Iran. Hierdie torings staan in die omgewing van die stad Elam en is in ongeveer 1250 vc gebou. Die bedoeling van hierdie torings was nie om tot aan die hemel te reik nie, maar vir religieuse doeleindes. Volgens die Bybel moes die toring van Babel tot aan die hemel reik, maar die bouers het op die vlakte begin terwyl ’n mens sou verwag het dat hulle op ’n bergpiek moes begin het. As daar ’n verwarring by Babel ontstaan het, was dit meer as net ’n taalverwarring. Die mensdom versprei immers oor die hele wereld. Maar hulle vergeet ’n aantal belangrike ding wat ’n mens sou reken hulle nooit kon vergeet nie. Hulle vergeet Adam en Eva en Sem, Gam en Javet en vir Noag en die ergste is dat hulle vir God vergeet het. Hulle het Heidene geword en oor die wêreld versprei en baie van hierdie mense (Heidense stamme) het selfs in Palestina gaan woon.
9) Die Jode was van oudsher 'n monoteïstiese volk. Moses lei sy volk uit Egipte. Tydens die reis ontvang hy van God die 10 gebooie. Maar Moses ontdek dat sy volk afvallig geword het en om ’n goue kalf gaan dans het.
Feit: Die Jode was vroeër nie monoteïsties nie. Hulle het velerlei Gode aanbid. Die Bybel vertel dat die volk Israel afvallig geword het, wanneer Moses van die berg afdaal en aanskou het hy hoe sy volk om ’n goue kalf dans. Maar ’n volk raak nie so vinnig sy godsdiens kwyt nie. Wanneer Christene vandag vir ‘n maand of twee elders gaan vertoef en hulle leier gaan op ’n religieuse besoek, sal die volgelinge nie ’n ander God invoer nie, al bly die leier weg vir ’n jaar, of 10 of 100 of selfs ’n duisend jaar. Verder nog die volgende: Na die dood van koning Salomo verdeel die volk in 2 groepe. Juda en Benjamin staan bekend as Juda met die hoofstad Jerusalem. Die ander 10 stamme het bekend gestaan as Israel met die hoofstad Samaria. Hierdie 10 stamme word deur die Assiriërs weggevoer in 722 vC. Maar hierdie (verlore) stamme verdwyn. Hulle neem die Thora sowel as Jaweh nie met hulle saam nie. Die Joodse monoteïsme moes na 722vC vorm aangeneem het.
10) In die Nuwe Testament moes Jesus sterf omdat hy die Seun van God was. Dit was die enigste rede. Hy was verder heeltemal onskuldig.
Feit: Vanaf ongeveer 25nC het daar verset van die kant van die Jode teen die Romeinse oorheersing gekom. Jesus was nie alleen ’n kind uit die Joodse koningsgeslagte nie(1), maar hy was ook rasend populêr onder die bevolking. Beide hierdie aspekte is deur die Romeinse heersers as 'n bedreig beskou vir hulle gesag. Die leiersfiguur Jesus moes uit die weg geruim word. Jesus is gekruisig. Hierdie vorm van teregstelling is destyds toegepas op opstandelinge teen die Romeinse gesag. Terloops die weerstand van die Jode teen die Romeinse oorheersing het in 66 tot 73 nC tot 'n bloedige opstand gelei. Die Jode het die stryd byna gewen, maar Rome het ekstra troepe gestuur met die opdrag om die Jodedom uit te roei. Die Joodse weerstand was egter sterker as wat die Romeine gedink het. In 132-135 nC sou die Joodse weerstand finaal gebreek word. Die Jode wat hierdie slagting oorleef het, het hierna oor die wêreld versprei. Interessant is dat die Bybel geen enkele woord rep oor hierdie Joods-Romeinse konflikte nie. Dit was gebruiklik by die Romeinse soldate om die godsdienste van die vyand terug te neem na Rome. Dit het ook hier ook gebeur, en die Romeine het hulself nou beskou as 'buitenegwoon onskuldig'. Hierdie 'onskuld' is dan ook in die evangelies verwoord.
11) Jesus sou verraai gewees het deur Judas. Maar Jesus was tog ’n bekende figuur wat daagliks in die openbaar verskyn het en gepredik het. ’n Bekende en openbare figuur word nie verraai nie, alleen onderduikers wat wegkruip vir die owerheid.
Feit: Jesus moes hom in ’n ondergrondse beweging bevind het teen die Romeinse gesag of hy moes vlug vir sy lewe omdat hy as kroonopvolger in lewensgevaar verkeer het (1). Hy gee immers sy dissipels opdrag om hulself te bewapen in Getsemane. Maar die Romeinse oormag was te groot. Hy moes hom oorgee.
12) In die tuin van Getsemane gaan Jesus bid dat die beker by hom verby moet gaan. Waarom? Hy is die seun van God wat graag na Sy Hemelse Vader wil terugkeer. Het Hy dan nie na Sy Vader verlang in die tyd wat Hy hier op aarde was nie? Sy opdrag was tog volbring. Hy moes gaan.
Feit: Jesus was gewoon ‘n mens wat nie wou doodgaan nie.
13) Aan die kruis roep Jesus: “My God, my God, waarom het u my verlaat!” Waarom roep Jesus dit? Hy gaan tog nou na Sy Vader toe, waar Hy graag wil wees. Hy het geweet dat Hy op die dag moes vertrek.
Feit: Jesus was ’n mens. Hy het tot God gebid om sy lewe te spaar en God het sy gebed nie verhoor nie.
14) Aan die kruis hang Jesus alleen. Sy dissipels was weg. Gevlug en bang. Waarom het hulle gevlug? Hulle het niks te vrees nie, want hulle is nie ook seuns van God wat moes sterf nie.
Feit: Die dissipels het gevlug. Hulle voorman is ter dood veroordeel en hulle was bang dat dit hulle ook sou oorkom. Hulle het saam met Jesus gewerk teen die Romeinse oorheersing.
15) Pilatus laat die volk kies tussen die Heilige Jesus of die boef Barnabas en die Joodse volk skree dat Jesus gekruisig moes word en Barnabas vrygelaat moes word. Waarom dan? Jesus was ’n volkome onskuldige figuur. Hy was ’n baie geliefde prediker.
Feit: Die Romeine wou nie skuldig wees aan die dood van Jesus nie. Al het hulle Jesus vermoor. By die skrywe van die Nuwe Testament moes die ‘onskuld’ van Romeine duidelik blyk teenoor die ‘swaar skuld’ van die Jode. Hierdeur sou die nuwe Christendom maklik inslag vind by die gewone Romeinse burger(2). Die Joodse volk het nooit geskree dat Jesus gekruisig moes word nie. Jesus was ’n vooraanstaande en geliefde man. Hierdie kreet was Romeins.
16) Aan die kruis bly daar ’n vrou agter. Sy is nie bang nie. Sy vlug nie. Sy waak by Jesus. Haar naam is Maria Magdalena. Wie was die dapper vrou? Die vrou van Jesus?
Feit: Alleen die vrou van ’n man sal by hom bly staan deur dik en dun. Duidelik het sy ’n baie spesiale band met Jesus gehad. Die Romeine wou nie ’n vrou sien aan die sy van Jesus nie. Dit sou sy Goddelike status aantas. By die skrywe van die Evangelies is haar bestaan so ver as moontlik weggeskryf.
1) Die Romeinse heersers het konings, kroonprinse en kroonopvolgers uit die weg geruim in vreemde gebiede onder Romeinse gesag.
2) Die Romeinse Gode het seuns gehad. As die nuwe godsdiens aanklank wou vind onder die Romeine, dan moes by die nuwe Godsdiens ook 'n 'Seun van God' aanwesig gewees het. Die Jode het Jesus nie gesien as die Seun van God nie (Wie sou Jesus beter geken het as sy eie volk?....die Romeine wat ver weg gewoon het???). Die Koran beskryf Jesus ook nie as die Seun van God nie, maar as 'n belangrike profeet.