Heilige en gewone getalle

Ons huidige syfers is vanuit Arabies afkomstig. Die syfers is opgebou uit die aantal hoeke waaruit dit bestaan. Die syfer een het een hoek.

Een

Die syfer 1 is waarskynlik afkomstig uit die Goderyk en veral 'n Oppergod. Etimologies kan 1 herlei word na die Germaanse Oppergod Odin, Wodan of Weden ((w)e(d)en). Dit is egter ook moontlik dat die syfer 1 herlei kan word na ander Gode (Mesopotamies) soos Ae of Anu. In die Joods-Christelike-Islamitiese religieë word soms na God as nommer één of dié één om die enigheid te beklemtoon.

Die kleur wat met 1 geassosieer word is rooi.

 

Twee

Die syfer twee het 2 hoeke.

 

Die syfer 2 word in verband gebring met skeiding. Woorde wat hieraan verwant is, is twis, dual, twin (Eng) en twice (Eng). Daar is ook 'n verband tussen die Germaanse God Tuisto en die syfer 2.

'n Paar is twee. 'n Man en 'n vrou is 'n paar.

Die syfer twee kom ongeveer 541 keer voor in die Bybel en 82 keer in die Koran. Vul die woord twee in en klik op soek.

Die kleur wat met 2 geassosieer word is oranje.

 

Drie

Die syfer 3 is 'n heilige getal by alle Indoeuropese volkere. Die syfer 3 kom dikwels voor in die Edda sowel as in die Bybel. In die religieë van alle Indoeuropese volkere kom Goddelike drie-eenhede voor. In talle ou Godsdienste is geglo dat die samevoeging van 2 entiteite outomaties sou lei tot die geboorte van 'n derde (nuwe) entiteit.

Die ou Germane en Kelte het geglo dat die universum bestaan uit 3 vlakke, naamlik 'n wêreld vir die Gode, 'n wêreld vir die mense en ook nog 'n onderwêreld (doderyk). Die Germaanse sowel as die Keltiese gemeenskappe was verdeel 'n drie vlakke. By die Kelte was dit die Adel, Druïde en die gewone volk. By die Germane was dit die Adel, die vryburgers en die slawe. Talle Keltiese Gode het drie gedaantes geken. Verder is by die Germane sowel as die Kelte talle drievoudige Moedergodinne bekend. 'n Belangrike Keltiese konsep was die drie-eenheid van koning, onafhanklikheid en grondgebied.

Die ou Keltiese maand het bestaan uit 3 weke van elk 9 dae.

Die syfer 3 is verwant aan die woorde trou, tru (Eng), tree, tree (Eng) en Dries. Die ou Germane het geloftes onder bome of in bosse (Driesse bosse) afgelê.

Die drievoudige heildronke tydens huweliksfeeste is 'n ou Indoeuropese gebruik.

Die syfer drie kom ongeveer 305 keer voor in die Bybel en 17 keer in die Koran. Vul die woord drie in en klik op soek.

Die kleur wat met 3 geassosieer word is geel.

 

Vier

 

Vir die ou Egiptenare was die syfer 4 'n heilige getal. Hulle het geglo dat die wêreld 4 hoeke het, naamlik: Noord, Suid, Oos en Wes. Die piramides was dan ook gebou met 4 hoeke. Met die aantrede van 'n nuwe Farao was daar 4 posduiwe duiwe uitgestuur in die 4 windrigtings om die koms van die nuwe heerser aan te kondig. Volgens die Egiptiese skeppingsverhaal was vier-gode-groep, naamlik Isis, Osiris, Seth en Neftis verantwoordelik vir die skepping van die heelal. By die balseming van 'n lyk word die ingewande in 4 aparte houers geplaas. By die ingang van die Aboe Simbel tempel is 4 beelde van Ramses II te sien en binne in die tempel word 4 Gode afgebeeld, naamlik: Ra-Horachi, Ramses II, Amon-Ra en Ptah. By die tempel van Nefertari staan ook 4 beelde van Ramses II.

Die syfer 4 word ook verbind met die 4 basiese elemente: grond (aarde), lug, water en vuur. Ook ken ons 4 seisoene. Verder was daar 4 riviere in die Paradys. By die ou Germane word die Reus Ymer gevoed deur die vier melkstrome uit die spene van die Oerkoei Audhumla.

Soogdiere het 4 bene.

Die syfer vier kom ongeveer 177 keer voor in die Bybel en 12 keer in die Koran. Vul die woord vier in en klik op soek.

Die kleur wat met 4 geassosieer word is groen.

 

Vyf

Die syfer 5 word in verband gebring met sterre. By die Islam staan die 5 punte van die ster ook simbool vir die 5 pilare van die Islam. Verder het die Farao's 5 name gehad.

Vir die ou Kelte was die syfer 5 'n simbool van die heelal: Noord, Suid, Oos, Wes en die middelpunt. Hiervolgens was Ierland ook 'n provinsies verdeel, naamlik: Munster in die Suide, Connacht in die Weste, Leinster in die Ooste, Ulster in die Noorde en Mide of Meath in die middel.

Die woord vyf is verwant aan die woord vinger (hand vol vingers).

Die syfer vyf kom ongeveer 130 keer voor in die Bybel en 2 keer in die Koran. Vul die woord vijf in en klik op soek.

Die kleur wat met 5 geassosieer word is blou.

 

Ses

Die syfer 6 is 'n heilige getal by die ou Germane. Die naam van die saal van die Godin Freya is Sessrúmnir. Die helfte van alle gestorwe Germaans krygers gaan na Freya in Sessrúmnir. Dit is moontlik die rede waarom ses en seks verwant is aan mekaar. Die syfer 6 is 'n geluksgetal.

Ook by die Semitiese volkere is die getal 6 heilig. Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen, want in ses dae het God die hemel en die aarde geskape. Op die sesde skeppingsdag word die mens geskape.

Die syfer 6 is ook onderdeel van die sexagesimaal of sestig-tallige sisteem van die ou Babiloniërs. Die reste hiervan vind ons terug in die 60 minute en 60 sekondes.

In die Christelike mitologie staan die syfer 666 simbool vir die antichris. Maar die syfer 666 word aan talle name gekoppel in verskillende tale. In Latyn staan die Pouslike titel 'Vicarius Filii Dei' vir 'Plaasvervanger van die Seun van God'. Uit die Romeinse syfers in die titel is die optelsom 666. Maar ook Nero is verbind met die syfer 666. Daarbenewens was die jaarliks inkomste van die Joodse koning Salomo 666 talente goud. Klik hier vir nog meer inligting oor die syfer 666.

Die syfer 6 is in Egipties (Kopties) Seth en in moderne Arabies sitta. Seth was aanvanklik 'n baie populêre Egiptiese God, maar met verloop van tyd het hy baie onpopulêr geword. Van Seth is Sethan, Sathan of Satan afgelei. Sy drievoudige ongewildheid is vertaal na 666.

Insekte het 6 pote.

Die syfer ses kom ongeveer 86 keer voor in die Bybel en 7 keer in die Koran. Vul die woord zes in en klik op soek.

Die kleur wat met 6 geassosieer word is donkerblou.

 

Sewe

Die syfer 7 dui vir die Jode, Christene en Islamiete 'n heilige rusdag wat by die Jode bekend is as sabbat. Die syfer kom in Bybel baie voor. In die Mesopotamiese mitologie was daar sewe vlakke van die hemel sowel as die hel. Die sewende hemel of die sewende hel was die hoogste vlakke.

Die naam van die Germaanse Godin Sif is verwant aan die syfer 7 en ook aan die woord sif (zeef in Nederlands).

Die syfer 7 word as 'n geluksgetal beskou, want dit is die som van die heilige getalle 3 en 4.

Verder is daar in ons huidige week 7 dae; Daar is 7 wêreldwonders; Daar is 7 sigbare kleure in die reënboog; Die katolieke kerk ken 7 sakramente; Sneeuwitjie het 7 dwergies, ens.

September (afgelei van die Latynse sewe) was volgens die ou Romeinse kalender die sewende maand.

Die syfer sewe kom ongeveer 289 keer voor in die Bybel en 20 keer in die Koran. Vul die woord zeven in en klik op soek.

Die kleur wat met 7 geassosieer word is pers.

 

Agt

Die syfer 8 is verwant aan die woord aandag en ook aan die woord ag in die spreekwoord: ag slaan op jou woorde.

By die ou Grieke was die getal 8 'n ongeluksgetal.

'n Spinnekop het 8 oë.

Oktober (afgelei van die Latynse agt) was volgens die ou Romeinse kalender die 8ste maand.

Die syfer agt kom ongeveer 155 keer voor in die Bybel en 7 keer in die Koran. Vul die woord acht in en klik op soek.

Die kleur wat met 8 geassosieer word is roos of pienk.

 

Nege

By die ou Germane was die getal 9 die allerheiligste getal. Dit was drie keer so heilig as 3 want 3x3=9. Die ou Germaanse-, Keltiese- en Romeinse week het uit 9 nagte bestaan. Die Keltiese keurkorps (Fianna) het bestaan uit pelotons van 27 man (3x9).

November (afgelei van Latynse nege) was volgens die ou Romeinse kalender die 9de maand.

Die syfer nege kom ongeveer 17 keer voor in die Bybel en 4 keer in die Koran. Vul die woord negen in en klik op soek.

Die kleur wat met 9 geassosieer word is wit.

 

Tien

Die metrieke stelsel is gebaseer op die syfer 10 en ingevoer in Frankryk tydens die Franse rewolusie. Tydens die rewolusie is ook 'n metrieke kalender ingevoer waarvolgens die week 10 dae sou hê. Ook was van 12 ure per dag oorgeskakel na 10 uur per dag, 100 minute in 'n uur en 100 sekondes per uur.

'n Dekade is tien 10 jaar. Desember was volgens die ou Romeinse kalender die 10de maand. Tien = Deci. Die syfer 10 word as 'n volmaakte getal beskou. Sommige soogdiere het 10 vingers en 10 tone.

Verder was daar in die Christelike religie 10 gebooie en 10 plae en moes gelowiges 'n tiende van hul inkomste afstaan aan die kerk.

Die syfer tien kom ongeveer 142 keer voor in die Bybel en 9 keer in die Koran. Vul die woord tien in en klik op soek.

 

Elf

Die syfer 11 word as 'n onvolmaakte getal beskou. Die syfers 11 en 12 volg ook nie die konsekwente benoeming van die ander syfers nie. Die syfer 11 moes bekend gestaan het as eentien (vergelyk vyftien, sestien, ens.). Die naam elf is afkomstig van die Protogermaanse *ainlif, waar ain = een en lif = left of leave (Eng). In moderne Engels verskuif ain na die auslaut en lif na die anlaut (eleven). In die Afrikaans/Nederlandse uitspraak verval ain in die auslaut (vergelyk Middelnederlandse ellevene > elf). Ellevene beteken letterlik 'een wat oorbly' (na tien).

Die syfer elf kom ongeveer 19 keer voor in die Bybel en 1 keer in die Koran. Vul die woord elf in en klik op soek.

 

Twaalf

Die syfer 12 word as 'n volmaakte getal beskou. Die vlag van die Europese Unie het 12 sterre en daar is twaalf maande in 'n jaar. By die ou Mesopotamiërs was ook 'n twaalftallige telstelsel bekend. Hierdie stelsel was ook bekend by die Engelse: Dosyn en die ou geldstelsel wat uit ponde sjielings en pennies bestaan het - 12 pennies in 'n sjieling en 12 sjielings in 'n pond.

In die Germaanse skeppingsgeskiedenis was daar 'n bron by Nifel. Uit hierdie bron het twaalf riviere gevloei wat gesamentlik bekend gestaan het as Elivágar. Die ou Germaanse Joelfees (kersfees) het uit 12 nagte bestaan.

In die Christelike religie is daar 12 apostels en twaalf stamme van Israel. Die Persies/Romeinse God Mithras het 12 geselle gehad.

Die syfer 12 moes eintlik bekend gestaan het as tweetien (vergelyk vyftien, sestien, ens.). Die naam twaalf is afkomstig van die Protogermaanse *twalif, waar twa = twee en lif = left of leave (Eng). Twaalf beteken letterlik 'twee wat oorbly' (na tien).

Die syfer twaalf kom ongeveer 143 keer voor in die Bybel en 4 keer in die Koran. Vul die woord twaalf in en klik op soek.

 

Dertien

Die syfer 13 word gesien as 'n ongeluksgetal. Die woord ongeluksgetal bestaan ook uit 13 letters. Die angs vir die syfer 13 word triskaidekafobie genoem.

Die angs vir die syfer 13, kom heel moontlik van die Kelte en Germane. Die Kelte en Germane het 'n kalender geken wat bestaan het uit 13 maande plus 1 dag. Dit was 'n maankalender en was daar volgens die maankalender 13 volle mane per jaar - Coligny-kalender. Hierdie kalender het ook aangedui welke dae 'n mens geluk kan verwag en welke dae ongeluk. Met die kerstening van die Kelte en Germane is neergesien op die hierdie kalender en alles wat Kelties-Germaans was. Die Christene wou met die syfer 13 'n wig slaan tussen die Christendom en die Heidendom. Veral Vrydag die 13de word beskou as 'n dag wat ongeluk bring. Vrydag is immers Godin Freya se dag en met haar wou die Christene afstand neem.

Die angs vir die 13de kom moontlik uit die Germaanse religie. Loki die bose God (Reus) verskyn (in een van die sages) as dertiende en ongenooide gas aan 'n feesmaal, wat die aarde in rou sou dompel.

Die syfer dertien kom ongeveer 12 keer voor in die Bybel en 0 keer in die Koran. Vul die woord dertien in en klik op soek.

Die kleur wat met 13 geassosieer word is swart.