Heilige Skrifte
Germane: Edda
|
Die Germane het hulle religieuse goed in die hart gedra, en ook in die volksmond. Hierdie heilige goed het bekend gestaan as die Edda. Die Skalde (vroulike sieners) was verantwoordelik vir die godsdiensbeoefening en ook vir die oordrag van die inhoud van die Edda na die volgende geslagte. Soos met alle ander godsdienste, is daar aanvanklik weinig uit die Edda op skrif gestel.
Trouens, dit is vroeër as ‘n swakheid beskou om religieuse tekste op skrif te stel. Sommige Germane het egter wel sekere gedeeltes uit die Edda op skrif gehad. Tydens die bewind van Karel die Grote (en sy seuns) is die bevolking opgeroep om hierdie tekste te verbrand – liefs in die openbaar. Oortreders van hierdie oproep wat met Germaanse tekste (1) betrap is, het die doodstraf ontvang. Hiermee het ‘n skat aan kennis oor die Wes-Germane (waarvan die Franke die grootste groep was) verlore gegaan. |
In Noord-Europa kom die kerstening laat aan die gang. Vanaf die begin in Rome tot en met die kerstening van die noorde van Skandinawië het ‘n tydperk van meer as duisend jaar verstryk. Ysland bly ‘n gedwonge kerstening gespaar. Die “Heidense” volkskuns en digkuns word in Ysland selfs deur die kerk in veilige bewaring gehou, terwyl dit op die Europese vasteland ten alle koste deur die kerk vernietig is. Veral twee digters het baie moeite gedoen om die Germaanse religieuse goed op skrif te stel. Hulle was Saemund die Wyse (1057-1133), bekend vir sy Poëtiese of Ou Edda, en Snorri Sturluson (1178-1241), bekend vir die Nuwe of Prosaïese Edda. Later sou nog Yslandse skrywers en digters in hul voetspore volg. Ons kennis oor die Germaanse godsdiens is byna ten volle te danke aan hierdie Yslanders.
Hindoes: Veda’s

Hierdie geskrifte is ook vir die Germaanse navorsers van groot belang. Ongeveer 2000 jaar voor ons jaartelling het die Germaanse Ariërs begin om na die noorde van Indië te verhuis, waar hulle later met die donkerder Dravidiërs vermeng het. Die taal wat hierdie Ariërs gebruik het, noem ons Sanskrit. Sanskrit bestaan vandag nog, maar die taal sterf uit. Vir duisende jare was dit die dominante taal in die gebied en die Hindoeïsme het sy ontstaan vanuit hierdie Ariërs. Die priesterklasse, bekend as die Brahmane, was verantwoordelik vir die godsdiensbeoefening. Die Heilige Skrifte staan bekend as die Veda’s en is dus in ‘n baie ou vorm van Sanskrit geskryf, naamlik Vedies. Die vier belangrikste Veda’s is: Rig Veda, Sama Veda, Yajur Veda en Atharva Veda. Wat interessant is, is dat die verhale in die Veda’s tot 12,000 jaar oud is. Dit is dus die oudste religieuse verhale van alle godsdienste in die wêreld en behandel dus ‘n tyd toe die Ariërs nog nie in Indië aangekom het nie. Die woord Veda (uitgespreek Weda) herken ons ook in die Afrikaanse woord “weet”.
Kelte: Mabinogion en Ulstercyclus
Die Keltiese mitologie is ook in die hart en in die volksmond gedra. Hiervoor was die priesterklasse, bekend as die Druïde, verantwoordelik. Ook het die Barde (sangers en digters) gehelp om die volkskuns en religieuse goed te bewaar en na die volgende geslagte oor te dra. Die Kelte het meer as 400 Gode en Godinne geken, waarvan sommiges net in sekere streke bekend was. Wat van die Britse Keltiese mitologie behoue gebly het, is gepubliseer in die Mabinogion. Wat van die Ierse Keltiese mitologie behoue gebly het, is gepubliseer in die Ulstercyclus.

Islam: Koran
Die Islam het na die geboorte van die profeet Mohammed in die 5de eeu nC ontstaan.
Mohammed het van die Engel Gabriël openbaringe ontvang, wat hy dan opgeteken het.
Hierdie aantekeninge is in boekvorm saamgevat en staan vandag bekend as die Koran.
Talle Ou Testamentiese figure soos Moses en Noag, maar ook Jesus, word in die Koran beskryf. |
|
Christene: Bybel
Die Bybel is ‘n bundel boeke wat deur verskillende mense geskryf is. Gedurende die eerste paar eeue van ons jaartelling was daar onder die Christene in die Romeinse Ryk talle boeke in gebruik. Tydens die Konsilie van Nicea in 325 is daar besluit om Jesus in status gelyk te stel aan God die Vader. Daar was heftig teenkanting van die Arianisme, wat Jesus beskou het as ondergeskik aan God die Vader. Terloops, die Koran beskryf Jesus ook nie as seun van God nie, maar as ‘n baie belangrike profeet.
Foto: Die tien gebooie

Tydens die Konsilie van Konstantinopel in 381 is besluit om ook die Heilige Gees goddelike status te gee en aan God die Vader en God die Seun gelyk te stel (Drie-eenhede was ‘n gewilde konsep in die nie-Christelike Romeinse Ryk). Tydens hierdie Konsilie is besluit om die aantal Bybelboeke te beperk tot 66. Daar het hewige argumente ontstaan oor welke boeke die Christelike kanon moes uitmaak, en welke nie. Uiteindelik is met 568 stemme teen 563 besluit om die 66 boeke te aanvaar wat vandag bekend staan as die Bybel – ‘n verskil van net 5 stemme!
Jode: Torah

Hierin staan die lewensbeskouing van die Jode opgeteken, asook hulle herkoms en geskiedenis. Die Torah of Pentateug bestaan uit die eerste 5 boeke van die Ou Testament.
Boeddhisme: Tripitaka

Tripitaka beteken in Sanskrit drie mandjies. Die Tripitaka (of 3 Pitikas) bestaan uit drie weergawes waarvan die eerste geskrif 500 jaar voor ons jaartelling opgestel is deur ‘n monnik met die naam Mahakasyapa (Oud-Brahmaan). Hy het die gedagtegoed van Boeddha op skrif gestel. Die drie weergawes is Sutta-pitika, Vinaya-pitika en Adhidhamma-pitika.
Avesta
Die Perse het 'n aantal heilige skrifte waarvan die Avesta een is. Die Perse en ook die Mede is Indo-Europese volkere en dus Aries. Die profeet Zarathoestra sou ongeveer 1,000 v.C. 'n openbaring van die God Ahura Mazda ontvang het wat aanleiding gegee het tot die begin van die Zoroastrisme. Die heilige skrif van die Zoroastrisme is die Avesta. Die Avesta ken aanvanklik 'n orale tradisie, maar in die 3de eeu is dit op skrif gestel. Tot in die 5de en 6de eeu is daar nog werke toegevoeg aan die Avesta. Die oudste gedeelte van die Avesta bestaan uit die gatha's. Dit is naamlik liedere wat aan Zarathoestra opgedra is.

(1) Wat die inhoud van die tekste was, was nie ter sake nie. Ook vertalings vanuit die Latynse Bybel was verbode tot en met die 16de eeu (anonieme vertalers het dit gewaag om vanaf die 14de eeu Bybeltekste in Germaanse tale te vertaal, maar hulle het hul lewens op die spel geplaas).