Vergelyking tussen die Germaanse en Christelike religieë.
Germaans |
Joods-Christelik |
Groot aantal Gode en Godinne: Wodan, Tiwas, Freyr, Freya, Donar, ens. |
Beperkte aantal Gode (1): Jahweh, El, Elohiem, Eloah, Eljoon, Sjaddaj, Adoon of Adoniem of Adonaj, Jahweh Zebaoth, El Olaam, sowel as Jesus en die Heilige Gees. |
Gode en Godinne. |
Alleen manlike Gode. |
Goddelike drie-eenheid aanwesig (2). |
Goddelike drie-eenheid aanwesig (2). |
Twee mense word tegelykertyd geskape uit hout: Ask en Embla. |
Twee mense word geskape: Adam en Eva. Eers Adam uit stof en dan Eva uit Adam. By sommige Jode was Lilith die eerste vrou van Adam. |
Gelykheid tussen man en vrou. |
Vrou onderdanig aan die man. |
Heilige Huwelik. |
Huwelik is 'n instelling van God. |
Lewensboom: Yggdrasil. Boom van Kennis. |
Boom van kennis, van goed en van kwaad in die paradys. |
Die Godin Idun (Eden?) hou appels by haar. Wie daarvan eet, sou vir ewig lewe. |
In die paradys is ‘verbode’ vrugte. Wie daarvan sou eet, sou vir ewig lewe. |
Reuse bestaan. |
Reuse (het) bestaan. Gen 6:4. |
Dwerge en Elwe bestaan. |
Dwerge en Elwe bestaan nie. |
Engele bestaan nie. |
Engele bestaan. |
’n Gevreesde Slang is aanwesig: Midgardslang. |
’n Gevreesde Slang is aanwesig: Satan. |
Daar kom ’n eindtyd. |
Daar kom ’n eindtyd. |
Die Slang word ‘geboei’ tot aan die eindtyd. |
Die Slang word ‘geboei’ tot aan die eindtyd. |
Die eindtyd gaan gepaard met verskriklike oorloë. |
Die eindtyd gaan gepaard met verskriklike oorloë. |
Die huidige (ou) wêreld sal vergaan, daarna kom ’n nuwe wêreld. |
Die huidige (ou) wêreld sal vergaan, daarna kom ’n nuwe wêreld. |
Daar is lewe na die dood. |
Daar is lewe na die dood. |
Beperkende leefreëls of gebooie afwesig. |
Beperkende wette en gebooie aanwesig. By oortreding hiervan word gesondig, waarop ’n straf sal volg. |
Sonde afwesig. |
Die mens sondig daagliks. |
Erfsonde afwesig. |
Erfsonde aanwesig. |
‘Sondaars’ gaan nie na ’n strafoord nie. |
Sondaars (3) gaan na die ewige verdoemenis: Die hel. |
Doop: Aanwesig deur ’n besprenkeling met lewende water. |
Doop: Aanwesig, hetsy besprenkeling, hetsy onderdompeling. |
Bidritueel: Staande met ’n trotse, fiere en uitdagende liggaamshouding. |
Bidritueel: Nederig, onderdanig, pleitend en soms knielend. |
Geeste bestaan: Goeie (voorouergeeste) sowel as bose geeste. |
Geeste bestaan: Heilige Gees sowel as bose geeste. |
Heilige getalle 3, 6, 9 en 12. |
Heilige getalle 3, 6, 7 en 12. |
Om die Gode te bedank of gunstig te stem, was daar geoffer. |
Om God(e) gunstig te stem of ter vergewing van sondes, was daar geoffer. |
Mense was ook geoffer, naamlik misdadigers, swakkelinge en ook soms krygsgevangenes. |
Mense was ook geoffer, naamlik eersgebore seuns, agt dae na geboorte (Exodus 22:29-30). |
'n Belangrike God (Loki) verander in 'n duiwel. |
'n Belangrike engel word afvallig en verander in die duiwel. |
1. Waar die Jode 'Jahweh' en die Islamiete 'Allah' en die Romaanse volkere Dios (Spaans) of Dieu (Frans) (afkomstig van Adonai) gekies het as naam van God, het die Germaanse Bybelvertalers besluit om geen naam te kies nie, maar 'n neutrale aanspreekvorm te gebruik, naamlik God of Heer. Die doel was om monoteïsme te benadruk. In die Ou Testament kom die volgende name voor van God(e): Elohiem, Jahweh, Eljoon, Sjaddaj, Eloah of El, Adoon, Adoniem of Adonaj, Jaweh Zebaoth en El Olaam wat egter dui op politeïsme.
3. Dienaars van die Son.